Man sterf toe motor in swembad beland

Die voertuig het in ’n private swembad in Amanzimtoti beland. (Foto: Emer-G-Med)

’n Man is Vrydag dood toe sy voertuig in ’n private swembad in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal beland het. Die man se naam en ouderdom is nie bekend nie.

Lede van Emer-G-Med is omstreeks 11:00 na ’n ongelukstoneel in Monmouthweg in Athlone Park ontbied. By hul aankoms het paramedici ʼn ligte voertuig wat deur ʼn residensiële grensmuur geploeg en onderstebo in ’n swembad beland het, aangetref.

Die bestuurder – en enigste insittende – was in dié stadium steeds in die motor vasgekeer. ’n Oproep is gevolglik na die polisie se soek-en-reddingseenheid gemaak.

“Nadat die man uit die motor bevry is, is hy op die toneel dood verklaar,” het Emer-G-Med in ’n verklaring gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nie duidelik nie.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie in dié verband gerig en wag tans op terugvoer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pierre ·

Wonder hoe vinnig hy moes gery het om al daai palmbome ook om te ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.