Man sterf toe motor lodge se muur tref

Die motor se wrak. Foto: Leonie Bezuidenhout.

ʼn Man in sy laat 20’s is Vrydagoggend dood toe die voertuig wat hy bestuur het ʼn muur by die ingang van ʼn lodge naby die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria getref het.

Kapt. Dave Miller, woordvoerder van die Lyttelton-polisie, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het omstreeks 07:00 in Solomon Mahlangu-rylaan in Monumentpark plaasgevind.

“Die bestuurder van die voertuig het op ʼn manier beheer oor die voertuig verloor en teen die lodge se grensmuur gebots. Die man is op die toneel weens sy beserings dood. ʼn Vrou, ook in haar 20’s, is tydens die botsing beseer en na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling,” het Miller gesê.

Miller het gesê die omstandighede wat tot die botsing gelei het, word in ʼn saak van strafbare manslag ondersoek.

‘n Lykswa op die toneel. Foto: Cyril Blackburn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ekke ·

Uiters onsensitief…. ” ‘n lykswa op die toneel”… regtig julle – is die bewoording onder die foto nodig ????

Dit is wat dit is ·

Die media gee maar net die feite deur, dis wat media moet doen.

SjN ·

Die kleur en maak van die motor spreek boekdele, vinnige kragtige masjien benodig skills om te beheer.

Lientjie ·

Nou wat stel jy voor sal die regte woord vir lykswas wees?…………

Zella ·

Regtig Ekke….. Jy moet maar gewoond raak aan tipe berigte of ophou lees, want dit gaan die norm word.

ES ·

Sonder feite kan ons nie aanneem dat die bestuurder noodwendig vinnig gery het nie. Spekulasie is mos altyd die orde van die dag… Sterkte aandie familie wat ‘n geliefde verloor het.

Mede Burger ·

Ek en my vriendin het so 20 voor 6 daar verby gery en toe was die ambulanse en nooddienste al besig gewees. Dis baie hartseer. Alle sterkte en simpatie aan die familie en vriende.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.