Man sterf toe motor perd tref

Argieffoto

Die bestuurder van ’n motor is Vrydagoggend vroeg dood toe sy motor ’n perd op die R82 buite Roshnee, Vereeniging, getref het.

’n Ander motor het vermoedelik die perd eers getref voordat die dier voor die slagoffer se motor beland het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici het omstreeks 05:30 by hul aankoms op die toneel die motor langs die pad aangetref. Die perd het voor die motor gelê en die man het langs die motor gelê. Omstanders het die man minute vantevore uit die motor gehelp.

Die man het veelvuldige beserings in die voorval opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Niemand anders in die motor is beseer nie.

Die plaaslike owerhede was op die toneel om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kokerboom

In SA is dierelewens belangriker as menselewens. By talle informele nedersettings langs hoof asook ander paaie wei diere sonder toesig met geen heinings en verkeersowerhede doen absoluut NIKS!!!Dubbele spelreels vir verskillende rasgroepe ???

Filistyn

Die perd het seker ook nie ‘n eienaar nie . . .

Plaaskind

Dis vir my tragies dat diere so verwaarloos word en nie behoorlik na omgesien word dat sulke ongelukke plaasvind en onskuldige mense lewens ook eis.

Elsabe

En die perd?

Nella

Ek neem aan die arme perd is ook dood en dat hy nie gely het nie.