Man sterf toe motor teen boom bots; nog 1 beseer

Foto: Verskaf.

ʼn 21-jarige man is dood en nog een, ook 21, is ernstig beseer toe die motor waarin hulle gery het teen ʼn boom gebots het.

Die voorval het Sondag kort ná 00:00 in Rossini Boulevard in Vanderbijlpark plaasgevind.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê dit blyk dat die motor van die pad beweeg het en teen ʼn boom gebots het.

“Die bestuurder van die motor het reeds beswyk aan sy ernstige beserings toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die brandweer is na die toneel ontbied en het meganiese toerusting gebruik om die jong man in die passasiersitplek uit die wrak te bevry,” het Dollman verduidelik.

Volgens Dollman is die passasier op die toneel aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel en per mediese helikopter na ʼn Johannesburgse hospitaal gehaas vir dringende mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JP4ZEL ·

Win nou nie snaaks of sarkasties klink nie maar die feit dat dit blyk of die motor van die pad af beweeg het en teen n boom gebots het klink maar swak. Propeer hulle nou se dat daar dalk n moontlikheid is dat die boom in die pad in kon beweeg?

Jo ·

Dis nie mooi om kommentaar so te lewer as jy nie weet wat gebeur het nie. Kon jou seun of familie gewees het. Nie noodwendig drank nie, kon iets verkeerd gegaan het met motor of iets. Sterkte, dink aan die familie in die moeilike tyd.

My mening ·

Vaalweekblad het ‘n baie meer volledige berig oor hierdie ongeluk. Hulle het vanaf Piet Retief blvd. in ‘n westelike rigting gery en na die kruising met Frikkie Meyer blvd. verander die straat na Rossini blvd. Dit is net na die kruising wat die ongeluk gebeur het.
NOU DIE VOLGENDE: Die Frikkie Meyer-pad is behoorlik twee vore gery weens sakking van die oppervlakte en jy kan maklik beheer verloor. Ek het van die teenoorgestelde kant en met ‘n groen lig deur daardie vore gery teen 60 km/h dat my Corolla se onderstel deurgeslaan het. Nou skielik sal Emfuleni dit gaan reg maak.? Hopelik lees die familie my kommentaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.