Man sterf toe motor teen trok bots

Foto: ER24

ʼn Man is Vrydag in die vroeë oggendure dood nadat sy motor op die N1 Suid in Centurion van agter teen ʼn vragmotor gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 04:00 net voor die John Vorster-afrit gebeur. Die man was vermoedelik in sy 40’s.

“Paramedici het met hul aankoms op die toneel die wrak van die motor in die vinnige baan op die snelweg gevind, terwyl die vragmotor in die noodbaan geparkeer was. Die bestuurder van die motor was in die wrak vasgekeer. Hy het ongelukkig reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk,” het Meiring gesê.

Hy het gesê die vragmotorbestuurder was ongedeerd.

Die oorsaak van die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Raad ·

Bestuur ALTYD so asof jy nie alleen op die pad is. Selfs daar in die gramadoelas soos die Namib woestyn moet jy optree asof daar ook ander voertuie is want sê nou maar net dat . . .

Johan ·

…..of ‘n vuil vragmotor wat sonder ligte in die donker in ‘n baan staan…
..en dit op ‘n snelweg…

Thersia ·

Wat soek die trok in die vinnige baan??. As hy links gery het en die ding het gebreek kon hy net links afgetrek het. Ek sê maar net……. Sluit hom toe……

#?? ·

Waar staan dit dat vuil vragmotor sonder ligte in vinnige baan gery het?

Chantelle ·

Huh? Maak nie sin nie – ‘n trok in die noodbaan in die vinnige baan? Hulle se die wrak was in die vinnige baan gevind terwyl die vragmotor in die noodbaan parkeer was. Net presies hoe lyk hierdie snelweg as die trok in die noodbaan parkeer was en die wrak in die vinnige baan was? Iets klink so nie reg vir my nie.

anton ·

Ek wonder net waarom daar nooit vermeld word wat die persoon se ras was nie. Blank, Indiër, Chinees, nie-blank ens.
N ongeluk het mos niks met politiek uit te waai nie. Seker maar net in s.a wat dit so moet wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.