Man sterf toe motor, trok bots

Foto: ER24

Foto: ER24

Een man is dood en vier ander mense beseer nadat ʼn motor en ʼn vragmotor Maandagmiddag op die N12 ongeveer 40 km buite Kimberley in die Noord-Kaap gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die wrakke van die twee voertuie in die middel van die pad gevind. “Die motor het omvattende skade in die botsing opgedoen en die liggaam van ʼn man, vermoedelik in sy 30’s, was steeds in die wrak vasgekeer,” het hy gesê.

Volgens Meiring het die man reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk en daar was niks wat vir hom gedoen kon word nie. “Vier ander mense op die toneel was ook beseer. Een van hulle, ʼn vrou, was in ʼn kritieke toestand, terwyl die ander drie net geringe beserings opgedoen het,” het hy gesê.

“Die kritiek beseerde pasiënt is op die toneel gestabiliseer voordat sy en die ander beseerdes na ʼn hospitaal in Kimberley gehaas is.” Die vragmotorbestuurder was ongedeerd.

Die botsing word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris Ws ·

Iemand het dalk ,soos die algemene praktyk op ons paaie nou is,’n kans gevat en toe werk dit die keer nie.Maar daar kan ‘n ander oorsaak ook wees.Ons simpatie is met die oorledene se familie en sterkte aan die beseerdes.Min mense besef watter erge nagevolge beserings in ‘n motor ongeluk ‘n mens gee.Meeste mense is nooit weer dieselfde nie.

Hennie ·

Hierdie is maar net nog ‘n resultaat van padreëls wat geignoreer word. Op die paaie sien jy kort kort bestuurders wat oor sperstrepe verbysteek, meestal met sterk voertuie waarvan die bestuurders kwansuis MOET vinnig ry om hulle motors se krag te wys. Die vraag kom altyd by my op of hulle wysheid so oorheers word deur hulle ego, of is dit bloot ongedissiplineerdheid?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.