Man sterf toe motorfiets brand

Foto: Netcare 911

ʼn Jong man is Vrydagaand dood nadat hy met sy motorfiets in Garsfontein, Pretoria, in ʼn botsing was en die motorfiets aan die brand geslaan het.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het by die aansluiting van Solomon Mahlangu en Atterburyweg gebeur. Volgens ooggetuies het ʼn motor en ʼn motorfiets gebots waarna die motorfiets aan die brand geslaan het. Werknemers van ʼn insleepdiens het die vlamme geblus.

Volgens Dollman het die motorfietsryer, wat vermoedelik 23 jaar oud was, kritieke beserings opgedoen. Paramedici het die man probeer stabiliseer, maar hy het op die toneel aan sy beserings beswyk.

ʼn Man en vrou wat in die motor was, het geringe beserings opgedoen. Hulle is deur ʼn ander ambulansdiens na ʼn hospitaal geneem.

Dollman het gesê die polisie was op die toneel en sal die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ano ·

Dit is verskriklik hartseer. Vir die ouers en naasbestaandes om daardie oproep te kry. MAAR nou wonder ek – hoe sterf hy toe motorfiets brand? My kennis (wat sekerlik beperk is), val ‘n motorfietsryer gewoonlik ‘n hele ent van die motorfiets in ‘n ongeluk. Skerlik is hy nie dood agv motorfiets wat brand nie. Enigiemand wat my kan reghelp?

Stella ·

Dit is werklik ongelooflik hartseer. My hart is stukkend vir sy familie en vriende. Ek het egter ook gewonder oor die brand. Die man wat oorlede is was een van my kêrel se vriende. N paar ure na die ongeluk was hy daarvan bewus gemaak, en volgens ander vriende en familie is hy glo op slag dood. Maar ons het wel nie verder inligting gekry nie, so dit is moontlik dat hy in die brand kon sterf.

Petra ·

Ons was by die Engen vulstasie op daardie kruising toe die ongeluk gebeur het. Dit was n VERSKRIKLIKE harde slag. Het vir my amper soos ‘n geweerskoot geklink. Ander ooggetuies sê die man het ‘n hele paar meter deur die lug getrek.
(Hy het langs die verkeerslig gelê) Alhoewel daar dadelik vlamme was, twyfel ek dat dit die rede vir sy dood was. Dit is verskriklik hartseer.??

Hein ·

Het ook nog nie gehoor v mense wat sterf a.g.v. brandende motorfietse nie, DIT sou wel moontlik wees as Ford motorfietse gebou het ( maar ek weet nie van motorfietse deur Ford nie) hy is waarskynlik dood v d val. Sterkte aan die familie

Petra ·

Ons was by die Engen vulstasie op daardie kruising toe die ongeluk gebeur het. Dit was ‘n VREESLIKE harde slag. Het vir my amper soos ‘ n geweerskoot geklink. Ander ooggetuies het gesê dat die man ‘n hele paar meter deur die lug getrek het (Hy het langs die verkeerslig gelê). Alhoewel daar dadelik vlamme was twyfel ek dat die die oorsaak van sy dood is. Dit is verskriklik hartseer??

Stella ·

Dis erg dat twee jong mense n week na mekaar met motorfietse dood is verlede Vrydag die matriek leerling van Garsfontein hoerskool….sterkte aan die familie

Alta ·

My huis grens aan Atterbury en ek rig n ernstige versoek aan al daardie motorfiets ryers wat die stuk pad as n renbaan sien, wees verantwoordelik. Ek luister elke dag (en nag) na die vreeslike gejaag. Dit kan net in hartseer eindig. En hierby impliseer ek nie dat Franco ook te vinnig gery het nie. Mens moet ongelukkig so n treurige situasie gebruik as waarskuwing en stof tot nadenke vir ander.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.