ʼn Jong man is Vrydagaand dood nadat hy met sy motorfiets in Garsfontein, Pretoria, in ʼn botsing was en die motorfiets aan die brand geslaan het.
Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het by die aansluiting van Solomon Mahlangu en Atterburyweg gebeur. Volgens ooggetuies het ʼn motor en ʼn motorfiets gebots waarna die motorfiets aan die brand geslaan het. Werknemers van ʼn insleepdiens het die vlamme geblus.
Volgens Dollman het die motorfietsryer, wat vermoedelik 23 jaar oud was, kritieke beserings opgedoen. Paramedici het die man probeer stabiliseer, maar hy het op die toneel aan sy beserings beswyk.
ʼn Man en vrou wat in die motor was, het geringe beserings opgedoen. Hulle is deur ʼn ander ambulansdiens na ʼn hospitaal geneem.
Dollman het gesê die polisie was op die toneel en sal die ongeluk ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Dit is verskriklik hartseer. Vir die ouers en naasbestaandes om daardie oproep te kry. MAAR nou wonder ek – hoe sterf hy toe motorfiets brand? My kennis (wat sekerlik beperk is), val ‘n motorfietsryer gewoonlik ‘n hele ent van die motorfiets in ‘n ongeluk. Skerlik is hy nie dood agv motorfiets wat brand nie. Enigiemand wat my kan reghelp?
Ons was by die Engen vulstasie op daardie kruising toe die ongeluk gebeur het. Dit was ‘n VREESLIKE harde slag. Het vir my amper soos ‘ n geweerskoot geklink. Ander ooggetuies het gesê dat die man ‘n hele paar meter deur die lug getrek het (Hy het langs die verkeerslig gelê). Alhoewel daar dadelik vlamme was twyfel ek dat die die oorsaak van sy dood is. Dit is verskriklik hartseer??
Rus sag liefste Franco. Jy was n vriend duisend x
Dis erg dat twee jong mense n week na mekaar met motorfietse dood is verlede Vrydag die matriek leerling van Garsfontein hoerskool….sterkte aan die familie
My huis grens aan Atterbury en ek rig n ernstige versoek aan al daardie motorfiets ryers wat die stuk pad as n renbaan sien, wees verantwoordelik. Ek luister elke dag (en nag) na die vreeslike gejaag. Dit kan net in hartseer eindig. En hierby impliseer ek nie dat Franco ook te vinnig gery het nie. Mens moet ongelukkig so n treurige situasie gebruik as waarskuwing en stof tot nadenke vir ander.