Man sterf toe rowers hom voor trok instamp

Argieffoto

Noord-Kaapse polisiebeamptes het vier verdagtes tussen 21 en 26 jaar aangekeer en van moord aangekla nadat hulle glo ʼn 55-jarige man in Kuruman se middedorp beroof en voor ʼn bewegende vragmotor ingestamp het.

Omstanders het gesien hoe die rowers met die slagoffer stoei en hom glo onder ʼn verbygaande vragmotor instamp, wat tot sy dood gelei het, sê kapt. Olebogeng Tawana, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder. Die verdagtes het op die vlug geslaan en die vragmotorbestuurder het versuim om stil te hou.

Ooggetuies het drie van hulle aan die polisie uitgewys. Hulle is in hegtenis geneem terwyl hulle nog te voet in die middedorp van Kuruman onderweg was.

Tydens hul ondersoek het ʼn wenk die polisie gelei na die Tshwaragano-hospitaal, waar hulle ʼn vierde verdagte teëgekom het waar hy behandel is vir beserings wat hy opgedoen het tydens die worsteling met die oorledene.

Die vyfde verdagte is nog op vrye voet, maar Tawana sê Kuruman se polisie is op sy spoor.

Beamptes ondersoek ʼn saak van strafbare manslag teen die vragmotorbestuurder. “Hy het nie stilgehou nadat hy na bewering die slagoffer doodgery het nie,” sê Tawana. “Ons weet nog nie wat hom laat besluit het om ná die ongeluk weg te ry nie.”

Hy sê die polisie doen ʼn beroep op die bestuurder om hom by sy naaste polisiestasie oor te gee en die polisie in hul ondersoek te help.

Enigeen met inligting oor die voorval word gevra om Kuruman se stasiebevelvoerder, brig. Kenneth Baloyi, by 082 4954 803 of 053 7129 800 te bel, of Stop Misdaad by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hoe nou....... ·

Nog n tref en trap waar bestuurder weg ry van toneel af – hy moet ook in hegtenis neem word – ry weg van n moord toneel, sekerlik is dit onwettig?

honourable member ·

Hierdie mense se wreedheid ken geen perke. Hulle voel maar net niks vir enige iemand nie.

Lewe NIKS werd ·

Is n lewe SO MIN werd?
Dis die hoeveelste tref en trap!
Dit is nie eens die teokbestuurder se skuld nie – mens sal dink hy sal stop en help…
Maar ja, so besef mens elke dag dat n LEWE IS NIKS MEER WERD

jaco ·

en as hy nou gestop is, is hy gekaap… Hoe erg dit ook al is, maar in so n geval, as ek sien hoe iemand doelbewus voor my ingestamp word, sal ek ook net aanry

Bonzai ·

Dan moet jy na die naaste polisie stasie gaan, nie net weg ry nie.

jaco ·

my ras en die ras van die persoon wat raakgery word, sal ALLES rolle speel in my besluit of ek polisie toe gaan.

Woedend ·

Ek raak sooooooooo keelvol vir die kriminele wat dink hulle kan ‘n lewe netso neem…. Ek sê, BRING DIE DOODSTRAF TERUG, BRING DIE DOODSTRAF TERUG!!!!!!!

Alida ·

Die vragmotorbestuurder was 10/1 nie eers bewus dat hulle die man voor hom ingestamp het nie. Liewe hemel daai goed is masief. Hoe kan hulle se hy het die man doodgery? Ja wel hy het maar nie doelbewus nie. Daai groot goed kan nie net vinnig stop nie. Hy sal seer sekerlik opgespoor word en kans kry om sy saak te stel. Hy is onskuldig volgens my mening.

Leon Meiring ·

Alida lees die berig dit was in die Middedorp van Kuruman,ek glo seker nie daai trok het 100km per uur dorp ingekom nie,in n dorpsgebied is jou spoed veronderstel om so te wees dat jy n noodstop soos nou kan doen

Sean ·

Watse tref en trap warra warra julle Die terroriste het n man voor die trok ingestamp en sodoende vermoor Nou kry die trokdrywer die skuld???

Ann ·

Die mense wat sê die bestuurder moet gevang word, hoe dink julle moes hy gestop het? ʼn Vragmotor kan nie sommer net vinnig stop soos ʼn kar nie! Nee man, gebruik bietjie common sense!

Maljan ·

Ai ann jou ik ken geen perke nie. Op die meeste sal die trok op die toneel maar beslis binne sig daarvan tot stilstand kom. Nie eers in timbuktu nie. Mens voel en hoor as jy met n trok oor n blik ry, hoe kan jy die boksprongetjies en geluid mis as n trok oor n mens gaan? ,

Sê ook ma net ·

Tipies van Kuruman. Daai plek het sy alie gesien. As jy daar in die hoofstraat afry moet jy tien oë om jou kop hê. Kan nie eens meer bank toe gaan nie, jy waag letterlik jou lewe as jy doen. Polisie doen niks want dis “petty crime”. Wonder nou maar net oor petty crime noudat ‘n man dood is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.