Man sterf toe sandgrond meegee

Foto: Verskaf.

ʼn Man, vermoedelik in sy 20’s, is Dinsdagmiddag dood toe die sanderige grond waarin hy besig was met uitgrawings op hom ineengestort het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die voorval het net voor 13:00 in Chatsworth plaasgevind op die hoek van Westcliffrylaan en Presleylaan.

Toe die bank ineenstort was die man onder die sand vasgekeer.

Rescue Care is na die toneel ontbied deur ʼn lid van die publiek. “Toe paramedici by die toneel opdaag het hulle die man onder die sand aangetref. Hy het gesterf as gevolg van die ernstige aard van sy beserings,” het Jamieson gesê.

Die polisie en die brandweer was op die toneel.

Die presiese omstandighede wat daartoe gelei het dat die bank ineengestort het, is nie in dié stadium duidelik nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.