Man sterf toe skiboot omslaan

Argieffoto: NSRI

ʼn Man het verdrink nadat ʼn skiboot, waarvan hy die skipper was, by die Kowieriviermond in Port Alfred in die golwe omgeslaan het.

Juan Pretorius, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) van Port Alfred, het gesê NSRI-bemanning is teen 06:42 in kennis gestel dat die boot, met twee mans aan boord, omgeslaan het toe dit die hawe verlaat het om in die see in te vaar.

Die NSRI, polisie en nooddienste het op die toneel gereageer.

“By ons aankoms op die toneel is ʼn plaaslike skiboot op ʼn sandbank aangetref waar dit uitgespoel het. Een man, in sy 50’s, is met geringe beserings op die strand aangetref. Sy vriend, in sy 60’s, was in die see vermis. Die branders was tussen drie tot vier meter hoog buite die hawe,” het Pretorius gesê.

Die man se liggaam is ná ʼn soektog in vlak water aangetref en uit die see gehaal. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

Volgens Pretorius is die oorledene oorspronklik van Johannesburg, maar het die afgelope tyd in Port Alfred gebly.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Opblaasbaadjie ·

Sou n opblaasbaadjie gehelp het? Ek ken nie die see nie en nog minder die spesifieke omstandighede, maar as mens n opblaasbaadjie aan het, sal dit help om boodomslaan te oorleef?

Leser ·

Dalk nie noodwendig nie, as die person miskien met die omslaan van die boot ‘n erge hou teen die kop gekry het en dan dalk bewusteloos was?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.