Man sterf toe sleepwa met beeste bakkie tref

Argieffoto

ʼn 57-jarige man van Petrus Steyn in die Vrystaat is dood en sy vrou en dogter ernstig beseer toe ʼn sleepwa met beeste daarop van ʼn bewegende voertuig losgehaak en die gesin se bakkie getref het.

Konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Volgens Rani het die ongeluk vroeër dié week tussen Sasolburg en Heilbron plaasgevind.

Rani sê die 57-jarige man, wat op sosiale media as Willie Schoeman geïdentifiseer is, is op die toneel dood. Sy vrou, Annemaré, en dogter, Amoné, is na ʼn hospitaal in Vanderbijlpark gehaas.

Die sleepwa, wat glo minstens twee beeste gedra het, is glo deur ʼn motor gesleep. Rani kon nie bevestig of die bestuurder van die voertuig die sleepwa wettiglik gesleep het nie.

Die polisie kon ook nie bevestig of Schoeman wel ʼn boer is soos daar op sosiale media beweer word nie. Boodskappe van medelye het sedert die ongeluk op Annemaré se Facebook-profiel ingestroom.

Meer inligting oor die voorval is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Boerseun ·

Jip, n bees sleepwae(minstens 2 ton) met n motor sleep vertel alles. Gelukkig vir daai bestuurder in kolonialisme ter skuld hier

SjN ·

In n ander berig word vermeld dat die sleepwa met 2 beeste wat vir n begrafnis bestem was deur n opel motor gesleep was en dat die wa in die ry afgehaak het. Kan dink wat jy wil maar nie se wat jy wil nie. Tragies, sterkte aan die gesin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.