Man sterf toe staalpype kajuit verpletter

‘n Vrag staalpype het die vragmotor se kajuit verpletter (Foto: Verskaf)

’n Vragmotorbestuurder is Woensdagaand in Vereeniging dood toe ’n vrag staalpype wat hy vervoer het, die vragmotor se kajuit verpletter het. Die pype was op die vragmotor se bak en het vermoedelik skielik vorentoe geskuif.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het saam met die brandweer teen 19:34 op die toneel in Generaal Hertzogstraat in Drie Riviere aangekom. Hulle het die vragmotor met die vrag staalpype van 6-meter lank in die pad aangetref.

“Van die staalpype het deur die vragmotor se kajuitvenster gebreek en party van die pype het bo op die kajuit geval en dit verpletter. Die pype moes vorentoe geskuif het toe die vragmotor vermoedelik skielik gestop het,” sê Campbell.

Die vragmotorbestuurder was in die wrak vasgekeer (Foto: Verskaf)

Die 35-jarige vragmotorbestuurder was in die wrak vasgekeer en het nie reageer op medici se geroep nie. Die brandweer kon hom nie uit die vragmotor bevry nie en moes ʼn hyskraan gebruik om die staalpype van die vragmotor af te lig.

Die reddingsoperasie het ongeveer vier uur geduur. Toe die bestuurder uiteindelik uit die voertuig bevry is, is hy op die toneel dood verklaar.

Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nell ·

Jy kry wel vierkantige staalpype. Kyk mooi – op die foto is die openinge verseël met plate.

Gawie ·

Nell, daardie is beslis soliede stawe. Dit is nie plate op die punte nie, maar spesifieke kleurkodes wat die tipe staal aandui.

Scalla ·

Tragies, is daar nie dalk te vinnig gery en moes dalk skielik stop, vra net?

Gawie ·

Scalla, of iemand (taxi?) het weer naby ‘n verkeerslig voor hom ingedruk en hy moes noodgedwonge hard rem.

Nie Verbaas ·

Dit is soliede staal. Blou en rooi is opgeverf om tipe en graad staal aan the dui as ek dit nie mis het nie.

Danny ·

Tragies.. Simpatie aan die naastes en geliefdes. Hoe vreeslike sterfte moes dit nie wees!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.