Man sterf toe staalpype op hom val

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Man in sy 40’s is Donderdag in Polokwane, Limpopo dood nadat sowat ʼn ton staalpype op hom geval het.

“Na wat verneem word was die pype aan mekaar vasgebind en die man was besig om dit los te maak toe die vrag op hom geval het,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, gesê.

Bodasing het gesê ʼn kantmuur het ook in die proses meegegee.

Omstanders het van die pype wat op die man was, afgehaal. Hy was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.