Man sterf toe trein hom trap

(Argieffoto) GC-goederetrein nader Balgowan-stasie op 28 Oct 2012 Foto: Aliwal2012 via Wikimedia Commons

(Argieffoto) GC-goederetrein nader Balgowan-stasie op 28 Oct 2012 Foto: Aliwal2012 via Wikimedia Commons

ʼn Man is Donderdagmiddag dood toe ʼn trein hom naby Balgowan-stasie in KwaZulu-Natal getref het.

“Die man en sy vriend het glo 800 m van die stasie langs die spoor geloop toe die tragedie plaasgevind het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Dit is nog nie duidelik hoe die man voor die trein beland het nie.”

Die man, in sy 20’s, is op slag dood. Sy vriend is ongedeerd, maar was glo baie getraumatiseerd.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Winston ·

Net motors kan wegdraai van voetgangers wat loop waar hulle wil. Treine kan nie.

George ·

Hy het seker gereken dat hy voorrang het en die trein gaan nou seker geblameer word omdat dit nie stilgehou het nie toe hy oor die spoor geloop het.

Poppie ·

Maar van die ”voetgangers” stap mos in die pad en jy moet stop of om hul ry. En dalk het die persoon ook gedink die trein sal stop. Want ek is in beheer. Dit is tyd dat die voetgangers besef hul speel met die dood as hul so in die paaie/ op treinspore loop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.