ʼn Man is Maandagoggend dood nadat ʼn trein hom in Witpoortjie in Roodepoort, Gauteng, getref het.
Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, is dit nog nie duidelik wat presies gebeur het nie. “Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het sy gesê.
Die polisie ondersoek die voorval.