Man sterf toe trein hom tref

Argieffoto

ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, is dood toe ʼn trein hom by ʼn spoorwegkruising in Heathfield, Kaapstad, getref het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is Vrydagaand net voor 19:00 na die toneel ontbied. “Die man het langs die spoor gelê. Hy het nie enige teken van lewe getoon nie. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar.”

Die omstandighede rondom die voorval word verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karolis ·

Treinskrum is mos ‘n gevaarlike speletjie. Hoe dink hy?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.