Man sterf toe trein hom tref

Argieffoto

Foto: Argief

‘n Man is dood toe ‘n trein hom Sondagoggend tussen Park Rynie en Scottburgh in KwaZulu-Natal getref het.

Volgens Robert Mckenzie, ‘n woordvoerder van die Umzinto nood- mediese dienste, is paramedici vroeg Sondagoggend na die toneel ontbied. “Met hul aankoms by die toneel was die man, in sy twintigs, egter reeds dood.”

Die man het waarskynlik aan sy beserings beswyk. Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dirk Hall ·

Moes die opskrik nie eerder gelees het: Man sterf toe hy voor of onder trein beland, ‘n Trein loop op . vaste spoor en kan onmoontlik ‘n persoon tref as of hy afgevuur is van uit die een of ander apparaat. Die handeling en die gevolg van die handeling was aan die kant van die persoon wat getref was en nie aan die kant van die trein nie.

TANIA MAREE ·

Ek is eintlik Engels sprekend ,maar praat en skryf goed Afrikaans.Dit is baie goed dat jy dit uitwys, hoe hierdie berig eintlik moet lees, want so leer mens.Ek het dit nie geweet nie,maar NOU weet ek dit.

TANIA MAREE ·

Ek is eintlik Engels sprekend ,maar praat en skryf goed Afrikaans.Dit is baie goed dat jy dit uitwys, hoe hierdie berig eintlik moet lees, want so leer mens.Ek het dit nie geweet nie,maar NOU weet
ek dit.

pop ·

Ag fffffffff rikkie tog, lees net die nuus en hou op alewig fout soek. Dirk, jy klink soos n suur ou man wat almal se foute loop uitsnuffel. kry n lewe!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.