Man sterf toe trein kar tref

Voertuie van paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

Voertuie van paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Man in sy 40’s is dood toe ʼn trein Woensdagoggend ʼn motor in die weste van Gauteng getref het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het by die treinspoor naby die kruising van Watermeyerstraat en 2de Laan in Westonaria, tussen Randfontein en Carletonville, plaasgevind.

“Die motor het op sy dak naby die treinspoor gelê,” het Bodasing gesê. “Die bestuurder se liggaam het naby die motor gelê met verskeie beserings. Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die omstandighede oor die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Annie ·

Lyk vir my soos motor wat oor treinspoor probeer ry het terwyl trein aankom en hy het gedink hy sal dit maak.

Willie ·

N trein het n hipnotistiese uitwerking en kan mens sonder dat jy dit weet vorentoe trek. N vliegtuig propeller doen dit ook.. mense sal daarna kyk en doelbewus in dit inloop

Wiebo ·

Kan selfmoord ook wees…….. om voor n trein in te ry? Jy wil dan mos sterf of hoe?

Thea Gerber ·

Eish Wiebo. As jy daardie pad elke dag tweekeer oor die treinspoor ry om in Westonaria te kom, raak ‘n mens soms mak vir die trein. Het self ‘n paar keer oorgery sonder om vreeslik op te let. En glo my weinig mense pleeg selfmoord deur voor ‘n trein in te ry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.