Man sterf toe trein kar tref

Die motor wat in die botsing betrokke was. Foto: ER24

Die motor wat in die botsing betrokke was. Foto: ER24

ʼn 33-jarige man is dood toe ʼn trein Woensdagaand naby Lephalale (Ellisras) in Limpopo teen sy motor gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het by die Exxaro-kruising plaasgevind.

“Met paramedici se aankoms is die motor se wrak aan die voorkant van die trein aangetref. Lede van ʼn plaaslike buurtwag het reeds die man se liggaam uit die motor gehaal,” het Meiring gesê.

Daar kon niks vir die man gedoen word nie, en hy is op die toneel dood verklaar.

Die treindrywer is ongedeerd.

Omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Malva ·

Wonder altyd oor die terme wanneer daar insident was met ‘n trein, bv gebots. Die voertuig het voor trein ingery. Dit is nou nie asof die trein van sy spoor afry en met motor gaan bots nie. Eish!

Reinhardt ·

Treine kry reg van toegang. So dit is die kar se skuld.

Ilze ·

Ek ook al gewonder hoe bots hulle. Daai trein kom met n spoed aan en gaan beslis nie betyds kan stop as jy voor hom inry nie

Karma ·

Waar, Malva! Ek kan al in my gedagtes voorstel hoe dit moet wees as die trein van sy spoor “afklim” om met die motor te gaan bots. Natuurlik was die motor OP die spoorlyn. Dalk wou die ou maar net uit die lewe kom? Dit het al vantevore gebeur. Trein: 1 – Motor: 0. Ewenwel, alle voorspoed aan die treindrywer – dink net aan die trauma waardeur hy moet gaan. En meegevoel aan die oorledene se naasbestaandes en vriende.

Huidiglikbenadeel ·

Die korrekte term sal wees dat die trein teen ‘n motor op die spoorlyn gebots het.

Ina Smith ·

Dit is jammer dat die persoon oorlede agv sy eie nalatigheid ,, Die trein kan nie uitswaai of vinnig stop nie , daar is duidelike waarksuwings voor ‘n treinspoor .. dit is ook jammer dat die bestuurder van die trein soiets moet deurmaak .. Ignorance is not a bliss ,,

Oupa D ·

Bly maar jammer. Nog ‘n lewe daarmee heen. ‘Huidiglikbenadeel’, jy is reg. Die trein is nie op die motor afgevuur nie, daarom kan hy hom nie ‘tref’ nie. Hy kan slegs teen die motor ‘bots’. Onthou tog asseblief ook dat daar nie in Afrikaans ‘n woord soos ‘huidiglik’ is nie. Die term moet wees ‘tans’, of selfs ‘huidig’. Jy is dus ‘Tans benadeel’ of ‘Huidig benadeel’. (Vergewe maar ‘n ou taalonderwyser vir die raad. Hy bedoel dit goed.)

ANRE ·

Sulke taal foute is vir my altyd interessant om te hoor! Ek kom in die laaste tyd agter daar is baie woorde wat ons opmaak, verdraai of heeltemal verkeerd gebruik. Ek sou glad nie dink “huidiglik” is verkeerd nie. “Dit reën huidiglik buite” wil amper reg klink. Maar so leer ons (weer)… Dankie!
:)

Karma ·

Oupa, ek gee jou sommer ‘n klapsoen!!! Halleluja!!! Daar is iemand wat weet dat daar geen woord soos ‘huidiglik’ in Afrikaans bestaan nie. Dit gee my behoorlik die kriewels as iemand sê;”Huidiglik is daar …”

En op RSG se “Praat Saam” (en ook ander deelname-programme” kan ek die piep kry as mense, wat HEEL DUIDELIK goed Afrikaanssprekend is, ewe skielik sê hulle kan nou nie die Afrikaanse woord vir hierdie of daardie Engelse woord vind nie en dan sommer ‘n anglisisme sonder blik of bloos te gebruik. Gewoonlik skreeu ek dan sommer in die motor vir hulle die regte woordgebruik (g’n wonder party mense kyk my vreemd aan nie, hulle dink seker ek het my laaste bont varkie verloor, want ek praat – en daar is niemand saam met my in die motor nie). :-))

Tania ·

Wat hartseer is die arme trein bestuurder wat deur dit moet gaan. My oom is ‘n trein bestuurder en mense spring voor trein in om selfmoord te pleeg. Hy was op stadium op so slegte plek agv skuld maar hy kon nooit iets doen nie. So die kar moes dink voor hy reg voor trein in gery het die arme trein bestuurder moet met dit saamleef en was glad nie sy skuld nie. maar ja steeds ‘n lewe wat weg is dis nie lekker nie

tamboti ·

Miskien verwar mense “huidiglik” met “huwelik” , altwee ewe stupid.

Bertie ·

Aardetjie tog mense, die persoon in beheer van ‘n trein se kontroles staan bekend as ‘n treindrywer en nie ‘n bestuurder nie, die trein het nie ‘n stuurwiel waarmee jy dit beheer nie. Ek kry sommer ‘n kramp as hulle van ‘n bestuurder praat of verwys.

Wat-ek-lees ·

TRAIN the MIND to MIND the TRAIN.
En ja, ‘huidiglik’ is so naby aan ‘n vloekwoord as kan kom.

Sonette ·

Net ‘n regstelling asb. Die liggaam op die toneel is uit die voertuig gehaal deur Exxaro se paramedici en nie deur buurtwag lede nie. Dankie.

Huidig Benadeelde ·

Baie dankie Oupa D vir die taal les en die goeie bedoeling daarby. Ek behoort dit te weet, het net nie daarop gelet nie.
Ek moet gedurig hoor van die “Previously Disadvantaged Individual” in my werk en sport, daarom die naam. Dit behoort eintlik “Tans Benadeelde Persoon” te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.