Man sterf toe trein motor tref

Die motorwrak op die ongelukstoneel buite Newcastle. (Foto: Verskaf)

’n Man is dood en ’n ander beseer nadat die motor waarmee hulle gereis het, Woensdag deur ’n goederetrein op ’n treinspoor buite Newcastle in KwaZulu-Natal getref is.

Jan-Henk van Vuuren van Magenta Emergency Medical Services sê die voorval het omstreeks 13:30 plaasgevind.

Paramedici het met hul aankoms een van die mans in ’n kritieke toestand nog in die motorwrak aangetref. Die man is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ’n hospitaal gehaas is vir verdere mediese behandeling.

Die motorwrak op die ongelukstoneel buite Newcastle. (Foto: Verskaf)

Die man het egter kort ná sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die ander insittende van die motor het matige beserings gedurende die voorval opgedoen.

Van Vuuren sê die presiese omstandighede rakende die ongeluk word deur die betrokke owerhede ondersoek.

Maroela Media het Donderdagoggend ’n navraag aan Transnet gerig en wag op terugvoer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Stephen ·

Die presiese omstandighede word ondersoek.?? Die trein het die motor getref omdat die bestuurder van die motor n kans gewaag het.

Gert ·

Stel voor hulle kry ‘n ondersoekspan van Kuba af. Moontlik het die trein ‘n u-draai gemaak en so die ongeluk veroorsaak.

Nie Verbaas ·

Skerp kommentaar. Dit sal tien teen een die finale verslag wees.

Elinette ·

Die trein het seker maar probeer uitswaai en toe die motor getref. Die motor was GLAD NIE op die spoorkruising nie …………. Trein: 1, motor: 0

Gert ·

Dis mos nie die trein se skuld as daar n motor op die spoor is nie, of dalk het die trein die robot geskiep

Anoniem ·

Ai as mense nie Padtekens lees nie en nou nog nie weet ‘n mens ry nie oor ‘n treinspoor
as jy nie eers stilgehou het om dood seker te maak daar kom nie ‘n trein aan nie, dan is jy nie bevoeg om bestuurlisensie in jou besit te hê nie.

Janine ·

Treine tref nie voertuie nie. Treine ry op spore, en sotte agter stuurwiele RY VOOR TREINE in. Punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.