Man sterf toe trekker omslaan

Die trekker wat omgeslaan het. Foto: Verskaf

ʼn Man is dood toe ʼn trekker Woensdag op ʼn pad buite Bethlehem in die Vrystaat omgeslaan en bo-op hom geland het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het aan Maroela Media gesê die voorval het op ʼn pad naby die N5-snelweg, sowat 10 km buite die dorp, plaasgevind.

“Dit is nog nie duidelik wat daartoe gelei het dat die trekker omgeslaan het nie en die saak word ondersoek,” het Botha gesê.

Botha het gesê die trekker het met sy wiele na bó tot stilstand gekom en die bestuurder, ʼn werker, vasgepen.

“Die man het reeds aan veelvoudige beserings gesterf toe paramedici by die toneel opgedaag het. Daar kon niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het hy gesê.

Die man se ouderdom kon nie dadelik bevestig word nie. Sy naam word weerhou totdat sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Buitestander ·

Die bestuurders word goed opgelei so wat is die plrobleem hier ?

Johann vd Merwe ·

Dit was my broer Frans Van de Merwe. Betoon asb respek.
Dankie
Johann

Drieks ·

Verskriklik jammer vir jul familie Johann vd Merwe. Sulke onverwagse gebeure is swaar om te verwerk. Sterkte.

Marli van Biljon ·

Dit is ‘n belaglike aanname! Hopelik is jy n tiener anders is daar groot fout met jou! Respek verg niks!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.