Man sterf toe trekker rol

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

ʼn Man is aan die KwaZulu-Natalse Suidkus dood toe die trekker waarop hy gery het teen ʼn helling afgerol het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het Woensdagmiddag in die Braemer-omgewing plaasgevind.

“Paramedici is na ʼn afgeleë gebied in ʼn vallei geneem waar die trekker tot stilstand gekom het. Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die trekker, wat ʼn sleepwa gesleep het, teen ʼn steil heuwel omgeslaan en gerol het.”

Die man het vermoedelik van die trekker afgeval, waarna die trekker oor hom gerol het.

Hy was reeds dood toe paramedici op die toneel aankom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DPJ ·

Jammer vir die dood van die werker en sy gesin. Hy moes seker al in die verlede die trekker bestuur het.
‘n Ongeluk gebeur vinnig.
Hoop nie die boer word van moord aan gekla nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.