Man sterf toe trok en bakkie bots

Netcare 911

Netcare 911

ʼn Man is dood nadat sy Kia-bakkie Vrydagoggend met ʼn swaarvoertuig in Stanger, KwaZulu-Natal, gebots het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 08:40 op die R102-pad plaasgevind. “Die impak van die botsing het veroorsaak dat die bakkie uitmekaar geskeur is,” het Botha gesê. “Die bestuurder was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Sy liggaam moes deur die brandweer uit die wrak gesny word.”

Die bestuurder van die vragmotor het geringe beserings opgedoen. Hy het behandeling op die toneel ontvang en het geweier om na ʼn hospitaal geneem te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.