ʼn Man in sy 40’s is dood nadat die vragmotor waarmee hy gery het Dinsdagoggend by Kaapstad omgeslaan het.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die ongeluk op die Okavango-pad in die Cape Gate-omgewing plaasgevind.
“Die vragmotor het die pad verlaat en op die sykant in ʼn sloot tot stilstand gekom,” het Meiring gesê. “Dit is nog nie duidelik hoe die ongeluk plaasgevind het nie. Dit word ondersoek.”
Meiring het gesê die bestuurder se liggaam is buite voor die vragmotor aangetref. “Hy het veelvuldige beserings opgedoen en daar kon ongelukkig niks vir hom gedoen word nie.”
Die man is op die toneel dood verklaar.
Van watter company is die trok?