Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het gesê die ongeluk het in Berea naby die Netcare Jakaranda-hospitaal gebeur. “Ons vermoed die vragmotor, wat rommel vervoer het, se remme het moontlik onklaar geraak. Die bestuurder het op ʼn steil afdraande heeltemal beheer oor die voertuig verloor en dwarsdeur die versperrings langs die pad gebars en op sy dak op die treinspoor te lande gekom,” het hy gesê.
Volgens Pieterse moes meganiese toerusting gebruik word om ʼn passasier se liggaam uit die vragmotor te sny. Hy is op slag dood. Die bestuurder van die voertuig is na ʼn hospitaal gehaas. Dit is nie duidelik hoe ernstig hy beseer is nie.
Gautrein het op Twitter gesê dat die dienste tussen die Pretoria-stasie en die Hatfield-stasie ontwrig sal wees totdat die ongelukstoneel opgeruim en die spoorlyn herstel kan word. Ekstra busdienste is intussen tussen die twee stasies gereël.Pieterse het gesê hy weet nie hoe lank dit sal neem voordat die treindiens weer aan die gang sal wees nie, maar glo nie dat dit voor 19:00 sal gebeur nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
As die berig korrek is, is dit die tweede keer wat ‘n vragmotor op die Gautreinspoor val. Dit is dus net ‘n kwessie van tyd voordat daar ‘n verskriklike ongeluk gebeur. ‘n Mens sou dink dat die infrastruktuur so gebou sou gewees het dat hierdie soort ongeluk nie KAN plaasvind nie.
Ek dink nie daardie vragmotor kon stadig gery het om deur daardie omheining te kon ry nie.
Di versperring is gesteel en verkoop. Orals is dit nou ‘n daaglikse gesig.
Di versperring is sekerlik gesteel en verkoop. Orals is dit nou ‘n daaglikse gesig.
EISH!!! Die meeste van hierdie trokke is gaar.