Man sterf toe trok op Gautrein-spoor val

Foto: Twitter via @CICArsa

Foto: Twitter via @CICArsa

ʼn Man is Woensdagmiddag dood en Gautrein-dienste in Pretoria is ontwrig toe ʼn ligte vragmotor op die treinspoor beland het.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het gesê die ongeluk het in Berea naby die Netcare Jakaranda-hospitaal gebeur. “Ons vermoed die vragmotor, wat rommel vervoer het, se remme het moontlik onklaar geraak. Die bestuurder het op ʼn steil afdraande heeltemal beheer oor die voertuig verloor en dwarsdeur die versperrings langs die pad gebars en op sy dak op die treinspoor te lande gekom,” het hy gesê.

Volgens Pieterse moes meganiese toerusting gebruik word om ʼn passasier se liggaam uit die vragmotor te sny. Hy is op slag dood. Die bestuurder van die voertuig is na ʼn hospitaal gehaas. Dit is nie duidelik hoe ernstig hy beseer is nie.

Foto: Twitter via @CICArsa

Foto: Twitter via @CICArsa

Gautrein het op Twitter gesê dat die dienste tussen die Pretoria-stasie en die Hatfield-stasie ontwrig sal wees totdat die ongelukstoneel opgeruim en die spoorlyn herstel kan word. Ekstra busdienste is intussen tussen die twee stasies gereël.

Pieterse het gesê hy weet nie hoe lank dit sal neem voordat die treindiens weer aan die gang sal wees nie, maar glo nie dat dit voor 19:00 sal gebeur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gerhard ·

As die berig korrek is, is dit die tweede keer wat ‘n vragmotor op die Gautreinspoor val. Dit is dus net ‘n kwessie van tyd voordat daar ‘n verskriklike ongeluk gebeur. ‘n Mens sou dink dat die infrastruktuur so gebou sou gewees het dat hierdie soort ongeluk nie KAN plaasvind nie.

Nico K ·

Ek dink nie daardie vragmotor kon stadig gery het om deur daardie omheining te kon ry nie.

D ·

Di versperring is gesteel en verkoop. Orals is dit nou ‘n daaglikse gesig.

D ·

Di versperring is sekerlik gesteel en verkoop. Orals is dit nou ‘n daaglikse gesig.

Emily ·

Ja nee dis erg en gaan erger raak. Die eienaars stel mense aan wat nie kan bestuur nie en hulle versorg nie hul trokke nie, dis wat in die land fout is. Hoe meer geld hulle op n dag kan maak hoe gelukkiger is hulle, so hoekom worry oor inspeksies op voertuie en bestuurders. Tipies.

Jan ·

Ons het ń bestuurder gesoek vir een van ons swaarvoertuie ,jy sal skrik om te sien hoeveel weet werklik hoe om te bestuur,na die 14de een kon ons ń aanstelling maak.

Francois ·

Ek gebruik die Gautrain tussen Midrand en Hatfield. Dit is die tweede keer wat dit gebeur en by selfde punt. Daar was net tydelike heining toe sement vragmotor 6 maande terug op selfde punt deurgebars het en rakelings die trein gemis het. Die is groter ramp wat wag om te gebeur. Die trein loop teen 80 km/u op daai stuk. Ek sidder om te dink wat die gevolg gaan wees as dit weer gebeur en trein voluit tref.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.