Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die vragmotor het tydens die botsing gerol en op sy dak te lande gekom. Met paramedici se aankoms op die toneel het die vragmotorbestuurder, ʼn man in sy 30’s, reeds aan veelvuldige beserings beswyk.
Die motoris het geringe beserings opgedoen, maar was ook in die wrak van die motor vasgekeer. Spesialistoerusting moes gebruik word om albei mans uit die wrakke te sny. Die motoris is daarna per ambulans na ʼn hospitaal in Carletonville geneem.
Twee vroue wat passasiers in die motor was, was ongedeerd, het Bodasing gesê.
Die botsing sal deur die polisie ondersoek word.