Man sterf toe trok rol

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man is dood en nog een beseer nadat ʼn vragmotor en motor Woensdagmiddag tussen Khutsong en Welverdiend naby Carletonville gebots het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die vragmotor het tydens die botsing gerol en op sy dak te lande gekom. Met paramedici se aankoms op die toneel het die vragmotorbestuurder, ʼn man in sy 30’s, reeds aan veelvuldige beserings beswyk.

Die motoris het geringe beserings opgedoen, maar was ook in die wrak van die motor vasgekeer. Spesialistoerusting moes gebruik word om albei mans uit die wrakke te sny. Die motoris is daarna per ambulans na ʼn hospitaal in Carletonville geneem.

Twee vroue wat passasiers in die motor was, was ongedeerd, het Bodasing gesê.

Die botsing sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.