Man sterf toe trok van wal afry, uitbrand

‘n Foto van die toneel p die R71 in die Magoebaskloofpas (Foto: Verskaf)

ʼn Man van Tzaneen in Limpopo is dood toe die vragmotor wat hy bestuur het van ʼn wal op die R71 in die Magoebaskloofpas afgery het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die vragmotor het halfpad oor die wal teen ʼn boom tot stilstand gekom.

Volgens Meiring het die vragmotor weens die impak van die botsing in vlamme uitgebars.

“Brandweerdienste het ná ʼn geruime tyd daarin geslaag om die vlamme te blus, maar die man is dood in die brand,” sê hy.

Meiring sê die presiese oorsaak van die man se dood sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word. Plaaslike owerhede het ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur.

‘n Foto van die toneel p die R71 in die Magoebaskloofpas (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Waarneming ·

My waarneming op die een foto is dat daar nog ander bome is wat die bas aan die stamme af is. Hierdie is dus ‘n uiters gevaarlike draai. Ek ken nie die pad maar wonder hoeveel waarskuwingstekens is aangebring?
Sterkte aan die familie wat ‘n broodwinner verloor het.

Thea Gerber ·

Swaar vragmotors mag nie van Magoebaskloof gebruik maak nie. Groot borde wat waarsku aan begin van kloof.

Ernst ·

Die hele Magoebaskloof pas het skerp draaie en steil op en afdraendes. Talle mense het hulle al daar met die draaie in die pas misgis. Swaarvoertuie behoort die George’s Valley pad te gebruik wat dieselfde afstand is . Alternatiewelik kan hulle die Buffelsberg pad gebruik wat nie so skerp daal Laeveld toe nie.

Kobus ·

Ek ken daardie pad. Spoed en nogmaals spoed,motoriste steur hulle nie aan spoedbeperkings of sperstrepe nie. Vragmotors is onpadwaardig en steur hulle ook nie aan enige beperkings nie

Chris Ws ·

Baie jare gelede in die ou bedeling nog,was daar streng wets toepassing op daai pas.My oorlede pa het lank agter ‘n lorry vol boomstompe gery wat baie stadig oppad ondertoe was.Op een plek waar daar ‘n reguit stuk was waar my pa geglo het hy veilig en vinnig kon verby gaan as was dit oor ‘n sperstreep,het hy sy kans gewaag en verby gegaan.Naby onder staan ‘n verkeerskonstabel langs die pad en wys my pa moet aftrek.Die hout lorry kom toe daaraan met ‘n verkeerskonstabel as passasier!Die twee was in radioverbinding met mekaar.My pa kry toe ‘n stewige boete (sy eerste in 50 jaar van bestuur)Hy was maar ongelukkig maar het dit dadelik gaan betaal.Hy het nooit weer die familie in Tzaneen besoek nie.Dit was sy eerste en laaste verkeers boete.
Daai tipe van wetstoepassing hoord weer daar toegepas te word.Maar landwyd is daar weinig of geen wetstoepassing op ons paaie nie.Die’dat daar sulke lelike ongelukke plaasvind elke dag.

Muffin ·

Ek het ook vragmotors en moet se om die remstelsels gereeld te diens is baie duur maar is van kardinale belang. Dit kan dalk die probleem wees as dit nie spoed was nie.

A Mac ·

Vragmotorbestuurders word alreeds by Haenertsburg met groot padborde ingelig om eerder die Georges Valley pad te gebruik. Sou graag die rede wou weet hoekom die vragmotorbetuurder nie eerder van die Georges Valley pad gebruik gemaak het nie. Magoebaskloofpad is klaar ‘n gevaarlike pad vir gewone padgebruikers, veral as dit reen of mistig is.

Muffin ·

Hi A Mac. Sien wat jy se. Ek ken nie die omgewing nie maar wil dit voorkom die bestuurder kan nie lees nie of is die roete wat hy gery het seker korter en was haastig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.