Man sterf toe trokke bots

Die trok waarin een man gesterf het. Foto: Netcare 911

Die trok waarin een man gesterf het. Foto: Netcare 911

Een man is Woensdagoggend dood en ʼn ander ernstig beseer toe twee vragmotors op die N3-snelweg tussen Durban en Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal mekaar getref het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 06:00 naby die Shongweni-afrit, in die rigting van Pietermaritzburg, plaasgevind. “Een van die vragmotors het die tweede vragmotor van agter getref,” het Botha gesê. “Die passasier in die agterste vragmotor was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Sy liggaam was in die wrak vasgekeer. Die bestuurder van die vragmotor het buite die voertuig gelê. Hy het ernstige beserings opgedoen.”

Die bestuurder is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die bestuurder van die ander vragmotor is ongedeerd.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.