Man sterf toe trokke vlamvat

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Man is dood en twee ander beseer nadat twee vragmotors Woensdagaand gebots en albei in vlamme uitgebars het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 20:15 op die R357 tussen Douglas en Kimberley gebeur. Ooggetuies het glo vertel hoe die vragmotors gebots het en byna onmiddellik deur vlamme verswelg is.

“Paramedici moes saam met die Kimberley-brandweer werk om die vuur te blus. Een van die bestuurders het ongelukkig reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk,” het Mathe gesê. Twee insittendes in die ander vragmotor was ook beseer, van wie een kritiek was.

“Die kritiek beseerde pasiënt was in die vragmotor vasgekeer en meganiese toerusting moes gebruik word om hom uit die wrak te sny,” het Mathe gesê. Die man is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.