Man sterf toe twee bakkies hom tref

Argieffoto: ER24

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is Saterdag in ʼn beweerde tref-en-trap-voorval in Potchefstroom dood.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreek 05:15 in Nelson Mandelarylaan plaasgevind.

“Met paramedici se aankoms op die toneel is die man se liggaam in die middel van die pad aangetref. ʼn Bakkie het ʼn kort afstand van daar af stilgestaan,” het Meiring gesê.

Die man is ondersoek en daar is bevind dat hy verskeie noodlottige beserings opgedoen het.

“Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en is hy op die toneel dood verklaar.”

Die bestuurder van die bakkie is ondersoek en het geen beserings opgedoen nie.

Volgens Meiring het twee bakkies glo die man getref. Die ander bestuurder se bakkie was nie op die toneel nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cherokee ·

Die bestuurder van die bakkie is ondersoek vir beserings en ongedeerd bevind.

Cherokee ·

Verbaas dat die bestuurder (volgens die berig) vir beserings ondersoek is. Seker nie werklik nie.

Darius ·

Praat weer as jy in so situasie was, dalk verstaan jy dan die prosedures.

Ouma ·

Dieselfde ding….jy spel dit net anders. Dit is nie verkeerd gesê nie. Altwee is reg en verstaanbaar.

Cherokee ·

Somtyds verbaas maar ek leer om te verstaan dat dit ‘n kuns is om tussen die lyne te lees.

Freud ·

As die “ander bestuurder se bakkie” nie “op die toneel” was nie dan moet ek seker maar aan neem dat die ander bestuurder ook nie op die toneel was nie. Die bakkie het darem seker nie op eie stoom daar weg very nie!

Dottie ·

Rêrig? “Die ander bestuurder se bakkie was nie op die toneel nie”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.