Man sterf toe vliegtuig neerstort

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Woensdag in ʼn wildsreservaat in die Herbertsdale-gebied, naby Mosselbaai in die Wes-Kaap, neergestort het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die vliegtuig het neergestort en oor die grond geskuif voordat dit tussen bosse tot stilstand gekom het. Paramedici het die vlieënier naby die wrak van die vliegtuig gevind, maar hy het reeds weens veelvuldige beserings beswyk.

Volgens Meiring is dit nie duidelik waarom die vliegtuig neergestort het nie. Dit was ook nie onmiddellik bekend watter soort vliegtuig dit was nie.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gesiggie ·

Net vanoggend lees ek van die 2 mense wie gelukkig was nadat hul vliegtuig geval het, om te kon oorleef…. en nou die berig van die man wat dit nie kon maak, so jammer aan sy Familie en Vriende… Sterkte aan jul.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.