Man sterf toe vliegtuig neerstort

Foto verskaf deur die SAPD

Die polisie in Limpopo ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ʼn man (54) Dinsdagoggend gesterf het toe die ligte vliegtuig waarin hy gereis het, naby Lephalale (Ellisras) in Limpopo neergestort het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die vliegtuig was glo van die Zwartwater-plaas na Gauteng op pad, maar die vlieënier het kort nadat dit opgestyg het beheer verloor en die voorkant van die vliegtuig het in bosse ingeploeg.

“Die vlieënier is op slag dood. Sy familie het hom geïdentifiseer as Koot Human Steyn wat op Zwartwater in die Tom Burke-polisiëringsgebied bly,” het Ngoepe gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is in dié stadium nog onbekend.

“Die polisie se ondersoek asook dié van die burgerlugvaartowerheid (BLO) is nog onderweg.”

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die BLO, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê dit het omstreeks 07:20 plaasgevind. “Daar was net een persoon in die Jabiru J430-vliegtuig, dié persoon is op die toneel dood,” het Ledwaba gesê.

Hy het verder gesê die BLO het ʼn span ondersoekers na die toneel gestuur om die ondersoek te behartig. “Deel van hul ondersoek sal wees om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Carien ·

So jammer dat dit gebeur het. Ons meegevoel aan die familie. Verstaan dalk net nie die polisie se strafbare manslag aanklag nie. Wie word dan nou aangekla of is ek dom?

freek ·

snaakse storie. teen wie word saak van strafbare manslag ondersoek?

Flip ·

Hierdie ou holrugstorie van “wie wil hul aankla vir manslag” raak nou rtegtig vervelig. As jul nou nog nie besef of weet dat dit standaardprosedure is by enige ongeluk waar iemand dood is nie sal jul dit nooit weet nie.

Nicolette ·

Omdat daar iemand dood is word ‘n saak van manslag oopgemaak tot die saak klaar ondersoek is.

Koot ·

Nee Nicolette, dan word daar ‘n geregtelike doodsondersoek gehou. Ek dink die verwysing na strafbare manslag is ‘n fout.

Cherokee ·

Al vind jy die storie vervelig Flip, verander dit steeds nie die feit dat jy verkeerd is nie.
Lees Koot, dan sal jy nie meer vervelig wees nie.

D ·

Teen die persoon wat die vliegtuig diens, uit teken as serviceable en n ATF (authority to fly) uit ryk vir die vliegtuig. Die persoon wat teken dat die vliegtuig veilig is om te vlieg kan verantwoordelik gehou word wanneer iets verkeer loop, ek weet die want ek is self n AME(aircraft maintenance engineer). Kom ons se ek het aan n vliegtuig se engine gewerk, en wanneer ek klaar is teken ek die vliegtuig uit as serviceable, en iets loop verkeerd en die engine sny uit in die lug en die pilot verongeluk, dan is daar n groot moontlikheid vir my om aan gekla te word vir strafbare manslag en selfs moord. Hoop dit antw die vraag

Hoekom ·

hoekom is daar deesdae SO BAIE vlieg rampe?? dis verskriklik dat nog ‘n familie in rou is. Jammer en sterkte aan almal!!!

Christa ·

RIP Kotie. Ons sal jou altyd onthou as die barmhartige samaritaan wat noot weggekyk het vir ander mense se nood nie, jy was altyd orals om te help met wat jy kan. Jy is ‘n groot verlies vir jou familie en ons vriende hier op aarde. Marie ek dink en bid vir jou, die kinders en jul 2 kleinkinders. Mag die Here jul styf vashou en jul deur hierdie tyd van rou en seer dra. Mag Hy jul hierdie seer gou laat vergeet maar mag jul altyd die mooi van Kotie saam met julle almal in jul harte bewaar en so hom elke dag saam jul he. My woorde is min maar my trane vir jul pyn, hartseer en verlies vloei in oorvloed. Baie sterkte en liefde.

Eddie ·

Die vliegtuig het in die bosse ingeploeg , maar ek sien skaars ‘n boom op die foto !

Ellisras ·

Kotie was ‘n gewilde en ‘n geliefde mens in die gemeenskap. Ek glo as hy kon kies is dit die manier hoe hy dit sou wou hê. Hulle maak nie meer mense soos Kotie nie. Prys die Here.

vlieg ·

Hoop die familie kom oor hierdie moeilike tyd, sterkte

Ja niemand verdien so iets nie

jakes ·

Innige medelye met die familie en vriende, Tragies om op so n wyse te sterf.

Manie ·

Volgens my word dit geklassifiseer as ñ saak van strafbare manslag terwyl die ondersoek duur om te bepaal of daar nie sabotadie betrokke was nie. Wanneer die ondersoek afgehandel is en daar geen vuilspel betrokke was nie sal die dossier verander word.

Ronelle Oosthuizen ·

Jou opmerking is so ongevraagd. Hy was ‘n wonderlike mens gewees wat net goed gedoen het. Mag die Here jou jou onsensitiwiteit vergewe.

Paula ·

As jy in die voertuig gesit het waar van die familie in is en jy hoor toe hul die slegte nuus kry en jy sien hoe jou kinders en kleindogters huil sal jy nie so praat nie ons inegemeegevoel aan die hele Steyn familie mag God jul vertroos ons woorde kan nie regtig vertroos nie maar God kan ons bid vir jul hier van Oos Londen af sterkte Ferdie en Paula

Ekke ·

Wonder wie is tegnikuste vandag. Op die vraag, waarom val daar soveel vliegtuie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.