Man sterf toe vliegtuig neerstort

Foto: IPSS Medical Rescue

Foto: IPSS Medical Rescue

ʼn Vlieënier is dood nadat sy mikroligte vliegtuig Vrydagoggend in Glendale, KwaZulu-Natal neergestort het.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê die vliegtuig was besig om gewasse te bespuit toe een van die vlerke kragdrade getref het. Die vlieënier het vermoedelik beheer oor die vliegtuig verloor en dit het neergestort.

“Paramedici moes byna ʼn halfuur lank na die wrak van die vliegtuig soek in die suikerrietland. Die vlieënier het ongelukkig veelvuldige beserings opgedoen en was met ons aankoms reeds dood,” het Herbst gesê.

Lt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê volgens voorlopige inligting was die vlieënier 60 jaar oud. Sy naam kon nog nie bekendgemaak word nie.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tiger ·

Ag hoe tragies is dit nie.Krag drade bly maar ‘n gevaar vir enige vlieenier wat gewasse met ‘n vliegtuig bespuit.Ons simpatie met die man se familie.

Cherokee ·

‘n ‘Mikroligte Vliegtuig’ wat ‘gewasse bespuit’ het? Het julle enige idee waarvan julle praat?

Cherokee ·

Geen reaksie 3 ure na my vraag? Maroela, julle maak gekke van julself met diè dom tipe beriggewing.

Petri ·

Beste Cherokee. Ten spyte daarvan dat jy jou naam met ‘n tipe vliegtuig deel, weet jy nie veel van lugvaart nie. Dit is al vir jare nie vreemd om mikroligte vliegtuie te gebruik vir lugbespuiting nie. Google eers voor jy dalk ‘n gek van JOUself maak! Lekker dag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.