Een persoon is dood en twee in ʼn kritieke toestand ná hul voertuig ʼn bees in Midvaal, Gauteng gestamp het.
Die ongeluk het Dinsdagaand in Kliprivierweg plaasgevind. Volgens berigte van die toneel het die ligte afleweringsvoertuig ʼn bees getref.
Paramedici het met hul aankoms op die toneel bevind drie mans is in die voertuig vasgekeer. Die brandweer moes meganiese toerusting gebruik om die pasiënte te bevry.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê een van die mans het noodlottige beserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar. Twee persone was in ʼn kritieke toestand en is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die bees is ook dood aangetref op die toneel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Tragies ???
Dis tragies dat daar nie opgetree word teen mense wie se beeste net loop waar hulle wil. As jy n bees wil skud toe stuur kom sy eienaar vinnig te vore maar sodra een van die rondloper beeste getref word, dan is daar geen eienaar nie. Dit is besig om n groot probleem op ons paaie te word.
In Limpopo is dit byna n daaglikse gebeurtenis dat beeste of donkies dood gery word. Die opkomende boere glo nie in grensdrade om hulle plase ni.
Die eienaars van rondloper diere moet in so ‘n geval van manslag of moord aan gekla word. Beeste ens, moet mos volgens wet gemerk wees.
Vra maar net
Was die bees ná die ongeluk geslag? Baie jammer vir oorledenes en beseerdes.