Man sterf toe voertuig hom tref

Argieffoto van die dubbeldekker-gedeelte van die snelweg Foto: noelcmn, pentaxforums.com

ʼn Man van Durban is Maandagmiddag dood toe hy deur ʼn voertuig op die N2-hoofweg getref is nadat hy glo van kapers probeer vlug het.

Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, het gesê die man is op die toneel dood as gevolg van die veelvuldige beserings wat hy opgedoen het.

Botha meen verslae van die toneel dui daarop dat die man deur ʼn onbekende aantal rowers beroof is en oor die hoofweg gehardloop het om te probeer wegkom toe die voertuig hom getref het.

Hy het gesê dit is die tweede keer “in ʼn kwessie van ʼn paar weke” dat ʼn onskuldige mens op dié einste manier dood is nadat hy naby ʼn oop pad beroof is.

Meer besonderhede oor die voorval was teen Maandagmiddag nog nie beskikbaar nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

cor ·

Wat is die ergste om deur n motor getref te word en te sterf of deur n klomp barbare gemartel en vir dood gelos word. Ek dink met n motor is dit vinnig en verby.

al ·

Patrolleer die polisie daardie snelwee gereeld per dag? Dis onaanvaarbaar wat gebeur het.

Wagter ·

Hulle moenie patroleer nie, ons moet maar net van die strate af bly, en as jy kar ontklaar raak langs die pad, bid dat jy nie raak gesien word nie..

Marius ·

Die regering het nie die wil om misdaad the bekamp nie. Die oomblik wanneer die publiek reg in eie hande neem, word ons gemaan om dit nie te doen nie. Lyk my ons moet maar net sit en kyk hoe die skelms soos helde, vry rondloop en doen wat hulle wil…

al ·

Ja en as ons vigilant raak, raak ons hoofnuus en bly hoofnuus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.