Man sterf toe voertuig rol

Foto: ER24

ʼn Man is dood nadat die voertuig waarmee hy gery het verskeie kere naby Mooketsi in Limpopo gerol het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 17:00 na die toneel op die R36 ontbied. Daar het hulle die voertuig op sy sykant teen ʼn boom aangetref.

“ʼn Man is binne die voertuig gevind, maar hy het reeds aan sy beserings beswyk. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Van Huyssteen gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anton KLD ·

Siestog Pierre. Ek wonder watter voertuig staan in jou motorhuis. Ek het ‘n 2007 en ‘n 2016 van hierdie spesifieke motor en my seun het ook een. Nog nie een het gerol nie.

pbotha ·

Pierre..alle voertuie is berug om te rol….afhangende hoe jy die voertuig hanteer… cheap shot.

Gevolgtrekking ·

Spoed? Ry maar ordentlik met enige voertuig, selfs ‘n dubbelkajuit.

Yster ·

Ek kan nie sien wat se voertuig dit is nie . Maar as dit is wat ek ek dink dit is dan is dit so dat hy rol makliker op ń grondpad as ander

Anton KLD ·

En jy Yster, wat nie eers behoorlik kan sien nie, maar jou “cheap” kommentaar lewer.
Voorsien ons asseblief met volledige stawende statistiek om hierdie kommentaar van jou te ondersteun.

lientjie ·

‘n Voertuig rol nie maklik as dit ‘n sekere voertuig is nie. Dit hang van jou spoed af en die persoon wat die voertuig hanteer. Enige voertuig kan maklik rol. ‘n Grondpad is ook nie ‘n speelplek vir spoed nie.

neels ·

Dit is verbasend hoeveel voertuie die afgelope tyd rol, nou wonder ek is daar fout met die voertuie se stuur kolom of met die bestuurder se bestuurs vermoe en opleiding. Elke foto wat MM nog geplaas het van n voertuig wat rol of in n botsing betrokke was wys dat daar iets ernstig iewers fout is.

Wim ·

Innige simpatie met die familie en vriende van die oorledene.

Wil ook net graag noem dat ek al 3 van hierdie voertuie gehad het en nie een van hulle het al gevoel of dit wil rol nie, om die waarheid te sê het ek nog nooit ‘n enige voertuig gehad wat gevoel het asof dit wou rol nie

Piket ·

En dan word nog steeds in vandag se tyd gesê spoed maak nie dood nie!
Ek los die regterbane op hoofweë vir diesulkes,
en sorg dat ek in enige situasie altyd beheer het.

Johan ·

‘n Hilux / Fortuner met hul standaard, aaklige teerpadbande en standaard suspensie is beslis ‘n kar wat vir benoude, senuagtige en baie gevaarlike situasies sorg op ‘n grondpad!!!

Seën die bakkie met goeie “all terrain” bande en Old Man Emu of EFS suspensie, en jy kan maar gaan rally ry met gemoedsrus!

Jammerte die bestuurder het dit nie gemaak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.