Foto’s: Man sterf toe vrag op kar land

Foto's: Twitter

Foto’s: Twitter

Een man is Dinsdagoggend in Springs, Gauteng dood en ʼn ander beseer nadat planke uit ʼn swaarvoertuig geval en op die slagoffers se voertuig beland het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het in ʼn verklaring gesê die ongeluk het op die N17 plaasgevind. “Dit is in die stadium nie bekend hoe die vragmotor sy vrag verloor het nie,” het Steinmann gesê.

Steinmann het gesê die een man is op die toneel dood verklaar. “Een van die mans het kritieke beserings opgedoen en hy is met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die polisie ondersoek die voorval.

IMG_20140603_143145

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.