Man sterf toe vragmotor bo-op motor beland

‘n Foto van die toneel (Foto: ER24)

ʼn Man is dood en vyf ander is ernstig beseer nadat ʼn vragmotor en twee voertuie in ʼn botsing op die N12-oos naby die R24-afrit betrokke was.

Russell Meiring, ER24-woordvoerder, sê een van die voertuie wat in die botsing betrokke was, was onder die vragmotor vasgekeer nadat dié vragmotor omgeval het met die impak.

Die man in dié voertuig het aan veelvuldige beserings beswyk.

Vyf ander mense, met geringe tot middelmatige beserings, was in ʼn ander motor langs die vragmotor.

Meiring sê die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens was egter op die toneel om ondersoek in te stel.

Verkeer in dié area vloei steeds nie, maar die pad sal na verwagting binnekort opgeruim wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Maya Roon Joubert ·

Prakties elke dag is daar ‘n noodlottige ongeluk met ‘n vragmotor of ‘n minibus betrokke en kinders wat van bakkies afval! Dit skree duidelik daar is iets baie verkeerd met trok en minibus bestuurders! Ek baie bly ‘n wet nou deurgesit dat daar geen kinders op ‘n bakkie se oop bak mag ry nie!

Verbaas ·

Gelukkige weet ons almal waar die N12-oos en R24-afrit is……..?

Nee ·

Nee Maya, enige persoon kan agter op ‘n bakkie ry maar SONDER betaling. Ook mag daar nie gereedskap naby die persoon wees. Hoé naby word nie gesê. Daar is ook regulasies oor die hoogte van die kante van die bakwerk. Eintlik het niks verander, daar moet gesê word dat die mense gratis vervoer word.

PJ ·

Klaarbyklik het die trok se trailer losgekom…vir eens was die taxi nie die skuldige nie…of so lees ek op ander website…lelike ongeluk…sterkte aan almal betrokke

Onnie ·

Is dt ni veelvuldige beserings ni? Veelvoudig klink da nou gladi reg opi oor ni???

Veritas ·

Onnie jy is doodreg. ‘Veelvoudig’ klink te veel na ‘n wiskunde-term. As jy werklik ‘n Onnie is, behoort jy te doen wat jy jou leerlinge leer. Dié tyd van die oggend behoort jy te slaap. Groete.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Onnie

Dankie vir jou kommentaar. Jy is reg – “veelvuldig” is inderdaad reg. Die berig is gewysig.

Groetnis
Maroela Media

LMF ·

Nat pad en trokke se spoed gaan nie saam die hul ry soos mal mense want hul weet hul sit hoog en veilig ek kry hul daagliks op die pad

Willie ·

LMF, my vriend. Baie gevalle mag dit so wees, maar ek wil ook net se dat baie voertuig operateur s ook geen respekteer andersom minag

Steph ·

Baie liewe vriendin van my se skoonseun wat oorlede is… Hulle harte is stukkend​. In ‘n oogwink is soveel lewens geraak. Dink aan julle maat?

Elri ·

Net ‘n voorstel aan Maroela Media: kan julle asseblief die stad/area insluit in die berigte? Nie almal weet waar die R24-afrit is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.