Man sterf toe vragmotor vlamvat

Foto: Verskaf deur Netcare 911.

Een man is dood en twee ander beseer in ʼn gru-botsing tussen ʼn motor en vragmotor Vrydag in die vroeë oggendure op die N4-snelweg.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het teen 04:10 op die N4 tussen die Brits-tolhek en die Hornsnek-afrit plaasgevind.

“Dit blyk dat die twee voertuie gebots het waarna die vragmotor van die pad af gegaan, gerol en toe aan die brand geslaan het,” het Dollman gesê. Volgens Dollman is verskillende ambulansdienste na die toneel ontbied.

Drie mans is op die toneel behandel. “Die bestuurder van die motor het geringe beserings opgedoen. ʼn Insittende van die vragmotor is ook gering beseer en is na ʼn hospitaal vervoer. Die tweede insittende van die vragmotor het egter baie ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood,” het Dollman gesê.

Die brandweer moes meganiese toerusting gebruik om die liggaam van die oorledene, wat glo in sy dertigs is, uit die wrak van die vragmotor te bevry.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Annie ·

As jy na die foto kyk lyk dit of die vragmotor bestuurder die motor gestamp het. Wonder wie het aan die slaap geraak?

Umo ·

Ry daai stukkie pad twee keer per dag, 5 keer per week. 90% van die ongelukke op daai stuk N4 is kop-teen-kop. 100% van die rede is mense wat “haastig” is, en nie 60 sekondes tyd wil verloor nie. Ongeduldig, inkonsidirerend, eie geregtig, en ook wanneer die KW’s meer is as die IK.

CHRISTA ·

Die een insittende van die vragmotor is dood en die ander gering beseer. Wat het van die bestuurder geword, Maroela?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.