Man sterf toe vragmotors bots

Die ongelukstoneel by by Schagen naby Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga. (Foto: ER24)

’n Man is dood en nog een beseer toe twee vragmotors Vrydagoggend op die N4 by Schagen naby Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê ’n mediumgrootte vragmotor is by paramedici se aankoms op die toneel op sy sy in die middel van die pad aangetref. ’n Groot vragmotor het oor die snelweg gestaan.

Volgens Meiring het paramedici op die toneel ondersoek ingestel en ’n man vasgekeer in die omgekeerde vragmotor aangetref.

“Die man is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring het die bestuurder van die groot vragmotor matige beserings in die voorval opgedoen.

Hy is op die toneel behandel voordat hy na ’n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

Die toepaslike owerhede was vanoggend op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cecilia ·

N2 by Schagen? Die joernalis is d kluts kwyt.
D N2 het nog nooit in sy bestaan naby Schagen gedraai nie.
D joernalis bedoel seker d N4.

Tania Heyns ·

Dagsê Cecilia

Baie dankie vir jou boodskap. Ek vra om verskoning vir die oorsig, dit is inderdaad die N4. Die berig is reeds gewysig.

Groete
Tania nms Maroela Media

Wielspore ·

Soos alreeds genoem, die ongeluk het op die N4 plaasgevind en nie op die N2 soos in die berig staan. Wat nogal vreemd is, die pad is ‘n moderne hoof weg, dubbel baan in albei rigtings en ‘n eiland in die middel, pad is in ‘n puik toestand. Hoe is dit moontlik dat ‘n ongeluk kan plaasvind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.