Man sterf toe vullishouer hom vaspen

Argieffoto

ʼn 48-jarige man is Maandag dood nadat hy deur ʼn bewegende vullishouer vasgevang is.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 16:10 na die toneel in Ermastraat in Andeon in die weste van Pretoria ontbied.

Omstanders het aan paramedici gesê die man was besig in die vullisgebied toe ʼn vullisverwyderingsvragmotor opgedaag het om die vullishouers leeg te maak. Die man is deur die bewegende vullishouer vasgepen.

“Die man het ernstige beserings opgedoen en het reeds voor paramedici se aankoms op die toneel aan sy beserings beswyk,” het Dollman gesê.

Die polisie sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tjert ·

Dit maak nie sin nie… werk die man vir die vullishouer maatskappy… het ‘n lid van die publiek sy eie vullishouer hanteer… het hy afval ge-aas? Hoe kan ‘n man deur ‘n ligte bewegende plastiek vullishouer ‘vasgepen’ en noodlottige beserings opdoen???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.