Man sterf toe vurkhyser omslaan

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man is Donderdagaand op ʼn plaas in die Grootbrak-gebied, buite George in die Wes-Kaap, dood nadat ʼn vurkhyser op hom geval het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 18:00 gebeur. Met paramedici se aankoms op die toneel het die man langs die vurkhyser gelê met ʼn groep mense rondom hom.

“Volgens ooggetuies was die man (31) op die vurkhyser toe dit onklaar geraak het. ʼn Meganiese fout het glo die vurkhyser laat omval en die man is daaronder vasgepen,” het Meiring gesê. Die plaaswerkers het gesien wat gebeur en dadelik nader gehardloop om die vurkhyser van die man af te lig.

Meiring het gesê die man het veelvuldige beserings opgedoen en daar was niks wat paramedici vir hom kon doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Belaglik ·

Milan. Dit is nie verpligtend om kommentaar te lewer nie. Kon jy regtig nie aan enige iets anders gedink het om te sê nie?. Wat van: Sterkte vir daardie persoon se familie en vriende, of bky andersins net stil….

Simon ·

@ Belaglik,
Ook ek kan sulke prul kommentaar op n openbare forum nie verwerk nie.
Die beste antwoord wat ek vir myself uitgedink het wat dit kan wees, is dat n prul persoon dit skryf.
Om darem op so n manier jou gebrek aan opvoeding ten toon te stel is ontstellend.

liza ·

Wil net aan die familie sterkte se, mag die Vader julle krag gee vorentoe.

Sam ·

Baie sterkte aan die familie.

Die vurkhysters is maklik om te gebruik in beheerde toestande soos bv binne in skure op gelyke terrein soos sementblad. Dis al klaar gevaarlik op gruis, en hulle is onstabiel op ongelyke grond.

Ek werk saans stoksiel alleen met een en sal nou meer versigtig optree. Ek dink aan die man en sy famielie. Mag Jesus sy famile dubbel seën omdat hy pligsgetrou sy dag taak uitgevoer het. Hulle kan trots wees op sy toegewydheid, veral op daai grondpad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.