Man sterf toe weerligstraal tref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Donderdag in Vanderbijlpark vermoedelik deur weerlig doodgeslaan nadat hy onder ʼn boom skuiling teen die reën gesoek het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het in Ravelstraat in Staalrus gebeur. “Toe paramedici omstreeks 16:15 by die toneel opdaag het hulle die man, vermoedelik in sy 30’s, aangetref waar hy onder die boom lê. Hy was reeds dood,” het Mathe gesê.

“Die vermoede is dat hy onder die boom skuiling gesoek het en toe deur die weerlig getref is.”

Swaar reën het Woensdag oor Gauteng uitgesak en erge kitsvloede aan die Oos-Rand veroorsaak wat die lewe van minstens vier mense geëis het. Die Suid-Afrikaanse weerdiens het Gautengers vroeër vandag gemaan om vandag en veral Vrydag op hulle hoede te wees vir swaar reën, hael, kitsvloede en stormsterk wind oor die provinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.