Man sterf in trekkerongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Donderdagoggend dood nadat ʼn trekker in Wartburg naby New Hanover in KwaZulu-Natal omgeslaan en op hom beland het.

“Die man het ʼn watertenk met die trekker gesleep,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Hy het met die trekker gedraai toe dit die pad verlaat en omgeslaan het. Die trekker het op die man geval en hy was onder die voertuig vasgepen. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Drie vroue, wat ook op die trekker was, kon daarin slaag om van die trekker af te spring voor die omgeslaan het. Hulle is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.