Man sterf tydens betogings teen moorde

Betogers het buitebande gebrand (Foto: Guillem Sartorio, AFP)

’n Jong man is dood tydens gewelddadige betogings wat Woensdag in Diepsloot in Gauteng uitgebreek het.

Dít slegs ure nadat die minister van polisie, Bheki Cele, dié nedersetting besoek het om die woedende skare toe te spreek. Cele, David Makhura, die Gautengse premier, en genl. Fannie Masemola, die nuwe nasionale polisiekommissaris, het die betogers toegespreek om gemoedere te probeer kalmeer.

Inwoners het byeengekom om deur protesoptrede hul misnoeë teenoor die toenemende misdaad in hul woongebied te kenne te gee. Dit volg ná berigte dat sewe mense die afgelope naweek in Diepsloot vermoor is. Hulle is woedend en kla dat die polisie nie genoeg doen om misdaad in die gebied te stuit nie.

Betogers is nie tevrede met die buitelandse burgers wat in hul midde is nie (Foto: GP Community Safety, Twitter)

Inwoners het deur die strate na die plaaslike polisiestasie gestap terwyl hulle plakkate met slagspreuke rondgeswaai en buitebande gebrand het. Hulle het die paaie met die brandende bande en klippe versper.

Volgens brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het ’n klein groepie inwoners Woensdagaand rondgegaan en geëis om mense se identiteitsdokumente te sien.

“Hulle het van deur tot deur gegaan totdat hulle by die oorledene se huis gekom het. Die oorledene het uit die huis gehardloop en die groep inwoners het hom agternagesit en vermoor,” het Muridili bevestig.

Die oorledene was glo van Zimbabwiese herkoms.

Talle betogings teen ongedokumenteerde migrante het die afgelope paar maande in Johannesburg opgevlam. Met die werkloosheidsyfer wat tans op meer as 35% staan, is daar strawwe mededinging onder sommige werklose Suid-Afrikaners om werksgeleenthede te kry.

Aanvalle op buitelandse burgers het in 2008 minstens 62 mense dood gelaat, terwyl soortgelyke aanvalle in 2019 minstens 12 mense dood gelaat het, van wie tien Suid-Afrikaners was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Theo ·

Dit is nou vir jou Afrika denke… kom ons protes vir die stop van geweld, misdaad en moorde met geweld, misdaad en moord… ai tog die ironie en hypocrisy van die mense…

Suzette ·

Presies wat ek ook onmiddellik gedink het – hoe belaglik is dit……

Di ·

Ons is ALMAL moeg vir al die onwettige immigrante in die land en die regering doen NIKS om dit stop te sit nie. Inteendeel moedig ou Rooikappie almal in buurlande om hier te kom plak! Vandat die grensposte ‘n totale gemors is en korrupsie van amptenare daartoe bydrae, het misdaad teen ‘n hengse tempo toegeneem die laaste 2 -3 jaar. Zimbabwe het skaars kos vir almal danksy hulle EIE toedoen, nou stroom almal hierna toe.

gatgogga ·

En wie gee die buitelanders die reg om hulle misdaad hier in ons land te kom pleeg? Dit is ons prerogatief, en ons s’n alleen. Ons het daarvoor geveg.

Maritza ·

35% werkloosheid maar ons het R50B om vir Kuba te gee. Verstaan dit glad nie.

melaney ·

Cele kan homself nie eers kalmeer nie, Die oproeriges sal nooit na hom luister nie.

Marius ·

Dit is nou jammer ons het nie meer n weermag nie . SAPS kan nie eers hulle self beveilig nie wat nog te se van die res van die land se mense . # celemustfall .

Di ·

SAPS se meerderheid is self kriminele en korrup soos hulle MINISTER

Christa ·

Dit lyk vir my hierdie inwoners/betogers is mans genoeg om hulle eie woongebied met misdaad en moord te beheer. Is van al die “eis” wat ons land in so ñ gemors is in die eerste plek. Dan is hulle moeg daarvoor! Julle stel dan die voorbeeld! Praat van maak “wolf skaapwagter”!

Swerwer ·

Cele kan nedersettings besoek waar sy wesens brand/verniel/moor maar hy kan nie tonele besoek waat wit plaasboere aangeval en vermoor word nie. Absoluut benede sy stand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.