Man sterf tydens beurtkrag

Argieffoto van 'n suurstofmasker

Argieffoto van ‘n suurstofmasker

William Engelbrecht (61) van Bloemfontein, wat aan twee suurstofmasjiene gekoppel was, is dood nadat Eskom twee keer in een dag beurtkrag toegepas het, het Beeld Saterdag berig.

Engelbrecht is binne 30 minute dood nadat die elektrisiteittoevoer Donderdag vir die tweede keer by sy huis in Navalsig in Bloemfontein afgesny is.

Volgens die berig het Engelbrecht aan erge asbestose gely en sy gesin glo dat hy die dag nie na die eerste beurtkragbeurt herstel het nie, en toe gesterf het toe die krag die tweede keer gesny is.

Sy suster, Lina Herbst, het gesê hy was permanent gekoppel aan twee suurstofmasjiene, aangesien een nie sterk genoeg was nie.

Eskom het Donderdag tussen 14:00 en 16:00 beurtkrag toegepas en toe weer tussen 18:00 en 20:30.

Die gesin se kragopwekker was aangeskakel, maar was nie sterk genoeg vir twee suurstoftenks nie. “Dit kon slegs kort rukkies lank my broer help, indien die krag nie vir te lank afgeskakel word nie,” het sy aan Beeld gesê. “Dit was te veel vir my broer.”

Eskom het gesê hy ondersoek die voorval en sal volgende week kommentaar lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Chris van Heerden ·

Ja Martie en dan het die pateet van n president die vermeetelheid om op nationale tv te sê die krag probleme is apartheid se skuld.

Dries ·

Dit sal seker nog na 20 jaar apartheid se skuld wees, enige iets om nie die blaam te dra nie.

PieterAmbulans ·

Ek se weer. GEEN suurstof, asetaleen, LP, Handy Gas, of SodaStream bottel, het ooit elektrisiteit nodig gehad om die werking daarvan te werkstellig nie.

Die tipe masjien (lei ek af) wat gaan staan het agv die kragonderbreking, is iets wat in werklike tyd, ons gewone atmosferiese lug vat, in neem, en konsentreer, dan na die pasient toe stuur….

Hierdie tipe masjien, moem hul ‘n Oxygen Concentrators ( Generator ), Portable Concentrators, Portable Oxygen machine, Conservers, Regulators, Pulse Oximeters & Analyzers, en is baie algemeen in omgang-

Wat egter belangrik is, is dat daar ALYD, MAAR ALTYD, ‘n vol gelaaide suurstof tenk bydehand MOET wees, net vir ingeval die masjien foutief sou raak, of die toevoer van elektrisiteit gestop sou word.

So ek vra weer….waar was die suurstoftenk in hierdie geval, want blykbaar was daar nie voorsorg getref nie-

boer ·

Jy verteenwoordig seker vir Eskom hier, klink dit vir my ?
Miskien kon die mense nie n ekstra suurstof bottel bekostig nie,aangesien jy jou g@t af betaal vir elektrisiteit, wat dan sommer net afgeskakel word.

Miskien sien Eskom jou kommentaat hier, en offer jou n werkie.

Hierdie regering moet sorg dat ons krag het,want ons betaal daarvoor. Sny die lokasies en die buurlande wat dit verniet kry,af. Dan sal dit beter gaan met SA se krag probleem

Frans ·

Ek dink eerder die familie of dokter wat hom tuis hospitaliseer moet eerder vir nalatigheid aangekla geword. Moet hy nie ‘n suurstof silinder as backup he of genoeg generators vir die masjiene dan nie? Wat maak hulle as ‘n masjien oppak? Of kabel diewe steel krag kabels? Nee soms moet mens weet wanneer om Eskom te blameer en wanneer nie… Dink so daaraan. Hy kon nog geleef het… So half assof hul hom wou dood hê net met ‘n verskuilde verskoning.

scalla ·

Wat wil eskom ondersoek, daar was nie krag beskikbaar nie, finish en klaar, kan dit so moeilik wees!!!!

Kraai ·

Feite ! 25% v Suid Afrika se krag word onwettig gesteel. Die ANC regering sal nie teen di mense optree nie want dan verloor hulle stemme (keep on stealing boys)

Rikku ·

Boer ek stem staam met jou ! Ons betaal ten duurste vir krag en ander kry dit verniet.
Ek is g@vol vir Eskom .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.