Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) stel ondersoek in ná ʼn verdagte by die Jane Furse-polisiestasie gesterf het.
Lizzy Suping, woordvoerder van Opod, sê die voorval het Maandagaand omstreeks 20:00 plaasgevind. “Die verdagte het ʼn vuurwapen uit een van die beamptes se bobeen-pistoolsak gegryp. Die beampte was besig met gemeenskapsdienspligte. Die verdagte het die polisiebeamptes gyselaar gehou en gesê hy gaan hulle doodmaak.”
Ander beamptes van die gemeenskapsdiens-eenheid kon hul eweknieë in kennis stel van die gyselaarsdrama. “ʼn Onderhandelaar is ontbied saam met lede van die taktiesereaksie-eenheid. Die verdagte het geweier om hom oor te gee ná versoeke van die onderhandelaar.”
Die reaksie-eenheid het die kantoor betree waaruit die verdagte skote gevuur het en die polisiebeamptes het teruggeskiet.
“Die verdagte is onbekend. Hy het Nyaope-sakkies en ʼn spuitnaald in sy besit gehad. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Gaan die polisiebeamptes ook in die tronk gegooi word en aan gekla word vir moord soos die ou tannie wat haar aanvaller geskiet het?
Nerens meer veilig nie